Nuwe uitdagings

Terwyl die wêreld se syfers ’n stygende tendens toon in infeksie gevalle wat nou mik na die 4 miljoen merk, en sterftes bykans ’n kwartmiljoen is wat deur die koronavirus veroorsaak is, wag nuwe uitdagings op die behoudende deel van die Afrikanervolk.

Aansprake dat die pandemie direk verantwoordelik is daarvoor dat ’n nuwe leefstyl op ons wag te midde van vele veranderings wat die afgelope maande al duideliker geword het, lyk dit tog of volksgenote nie in sak en as is nie.

Die wetenskaplikes is bedrywig met navorsing oor teenmiddels en entstof wat vinnige herstel sal verseker, die stilstand van motors en vliegtuie het gelei tot verskillende veranderings in die natuur. Skoner lug word oral gevind, die gat in die noordelike osoonlaag het verdwyn, en die geraas van voertuie, treine en nywerhede het selfs die pikkewyne gelok om Kaapstad se strate te verken.

Mense en maatskappye het ontdek dat hulle kantoorwerkers tuis kan bly en per rekenaar meer produktief hulle dagtaak verrig, sonder om brandstof te verkwis na die werkplek.

Sakeondernemings begin fokus op aanlyn bestellings vir hulle produkte, en lewer dit selfs per koerier by die woonhuis. Dit klink gerieflik, maar is nie sonder voetangels nie, want ’n med grootte hemp is nie altyd jou nommer nie, en ’n skoen word eers aangepas voor dit gekoop word.

Die groot vraag bly egter: Kan Afrikaners die onpersoonlike leefstyl van “afsydigheid” handhaaf terwyl dit riskant is om kerkdienste by te woon en kulturele volksbyeenkoms dae soos Geloftefees op ’n ander wyse te reël tot die dag wanneer ’n geneesmiddel beskikbaar geraak het wat ons mense sal beskerm teen die virus wat Sjina op die wereld losgelaat het.