NUUSBREEK

DEURBRAAK TEEN KORONAVIRUS

’n Amerikaanse farmaseutiese maatskappy het ’n ontdekking gemaak wat die koronavirus finaal kan oorwin indien dit wêreldwyd gebruik sou word.

Die maatskappy het ’n teenstof ontdek wat die virus omvou en so vernietig dat die pasiënt binne vier dae 100% vry is van die COVID-19 virus wat sy oorsprong uit Sjina het en vir meer as 300,000 sterftes in die wêreld verantwoordelik is.

Die navorsers beweer dat die teenstof (antibody) so effektief is dat dit ’n 100% sukses lewer aan pasiënte.

Die teenstof kan glo ook baie vinniger geproduseer en wêreldwyd versprei word om die koronavirus pasiënte te genees.

Die wetenskaplikes sê die teenstof spoel die koronavirus uit die pasiënt se liggaam binne vier dae.

Die maatskappy Sorrento Therapeutics sal ’n aankondiging maak oor hulle ontdekking van die STI-1499 teenstof wat volgens sy ontdekkers ’n 100% genesing voorsien.

Die behandelings kan maande voor enige ander uitvindsel van ’n entstof aan die wêreld beskikbaar gestel word.

Die navorsers sê die teenstof sit sy arms om die virus. Dit omhul die virus en verwyder die virus uit die pasiënt se liggaam.

Die wetenskaplikes beklemtoon daarmee dat genesing nou moontlik is en dat mense nie meer hulle vorige leefwyse hoef prys te gee soos wat almal voorspel het nie.