Nordiese lande beskuldig van fop nuus

Premier Viktor Orban

Slegs ’n maand nadat die Eerste Minister, Viktor Orban, van Hongarye deur sy land se parlement aan hom goedkeuring verleen het om in tye van ’n krisis, per dekreet te regeer, het Nordiese lande die jongste geword om hulle kommer uit te spreek oor die besluit.

Die kritiek het daartoe gelei dat Hongarye ernstige waarskuwing geig het tot die lande se ambassadeurs in Hongarye.

Die Eerste Minister het die Nordiese lande daarvan beskuldig dat hulle fop nuus versprei oor die koronavirus noodtoestand wat gelei het tot die besluit in die parlement om wanneer nodig, per dekreet te mag regeer.

Die Minister van Buitelandse Sake, Peter Szijjarto, het die ambassadeurs van die vyf Nordiese lande skerp aangespreek oor hulle verwronge opmerkings oor die parlementêre besluit.

Hy sê sy land wil geen negatiewe geluide van Ysland, Denemarke, Noorweë, Finland of Swede hoor nie.