Nog ’n nuwe politieke party

Die mense het gepraat!

Dit is die woorde van die voormalige burgemeester van Johannesburg wat aangekondig het dat hy in Augustus vanjaar sy nuwe party gaan stig.

Die party sal ook gereed maak om volgende jaar in die plaaslike owerheid verkiesings deel te neem.

Herman Mashaba se aankondiging kom nie as onverwags nie, aangesien hy reeds vroeg na sy beëindig as burgemeester gesê het dit is tyd dat SA ’n nuwe regering kry.

Mashaba sê sy besluit is geneem op sterkte van die insette wat gelewer is met die ?Mense Dialoog” wat oor ’n tydperk van drie maande gestrek het.

Mashaba se party sal nou die hoeveelste splintergroep wees wat uit die ANC wegbreek soos wat Lekota en Malema ook gedoen het.

Hy het gesê SA is siek en sat vir die geweld in die land, en korrupsie tesame met die groot werkloosheid wat heers.