Nieu-Seeland steun Taiwan openlik

Die Minister van Buitelandse Sake in Nieu-Seeland het die week gesê sy land het die verantwoordelikheid om te staan by Taiwan en selfs om teen Sjina op te staan tydens die Wereld Gesondheid Organisasie (WGO) se vergadering.

Die standpunt kom te midde van die feit dat Sjina die grootste handelsvennoot van Nieu-Seeland is, en wat kan lei tot ’n breuk op ekonomiese gebied.

Taiwan geniet tans die sterk ondersteuning van die Verenigde State van Amerika wat onderneem het dat hy Taiwan sal ondersteun om sitting in te neem by die WGO se vergaderings.

Tot hede het Sjina, wat Taiwan steeds beskou as ’n integrale deel van sy gebied, Taiwan belet om aan die WGO se vergaderings deel te neem.

Sjina het telkens beswaar aangeteken in die WGO dat Taiwan nie toegelaat word nie, maar die VSA het besluit om Sjina te opponeer indien die voorval herhaal word.

Met die uitspraak van die Nieu-Seelandse minister dat sy land Taiwan sal ondersteun in die WGO en teen Sjina sal opstaan, word beskou as ’n keerpunt in die verhouding met Sjina.