Nieu-Seeland is voorbeeld vir wêreld

Nieu-Seelanders het ’n voorbeeld aan die wêreld gegee deur sy goed gedissiplineerde bevolking wat streng by die inperkings maatreëls gehou het en nou die goeie vrugte daarvan pluk.

Sedert Vrydag het die land geen nuwe infeksies gehad nie, en die regering het met verslapte maatreëls sy mense vergoed, maar het nog sekere aspekte in plek gehou weens die koms van die wintermaande wat ’n tweede uitbreking kan veroorsaak.

Die regering het aangekondig dat hy nou by Vlak 2 is sedert Donderdag wat beteken dat die grootste deel van sakeondernemings onder streng voorwaardes, hulle deur kan heropen.

Skole het Maandag heropen, maar kroeë bly gesluit en sosiale byeenkomste mag nie groter as 10 persone wees nie.