Nee Madagaskar nee!

Madagaskar het Sondag aangekondig dat hy ’n eerste sterfgeval gehad het wat veroorsaak is deur infeksie van die COVID-19 virus.

Dit kom te midde van die feit dat die eiland se president beweer dat hulle oor ’n sekere kruiesoort beskik wat die pasiënt genees.

Die sterfgeval is ’n 57-jarige hospitaal werker, wat na twee maande sedert die eerste infeksie geval aangekondig is, te sterwe gekom het.

’n Regerings woordvoerder het later gesê die persoon is dood omdat hy te siek was om van die wondermiddel te drink.

Intussen is ook aangekondig dat die eiland se infeksie gevalle tot 304 gestyg het, en dat meer infeksies en sterfgevalle nou verwag word.

Die oorledene was ’n motorwag op die parkeerterrein van die hospitaal in die stad Toamasina en was ook ’n diabeet.

Deskundiges sê die swak verweer dat die man te siek was om medikasie te drink wil die indruk wek dat die medikasie se medisinale waarde bevraagteken kan word.