Mynwerkers sukkel met infeksie

Die mynwerkers van Suid-Afrika is terug op hulle pos, maar nou wil dit lyk asof te veel werkers infeksie opdoen van die koronavirus.

Myne het glo die rg om ten volle met hulle aktiwiteite voort te gaan en al hulle werkers is terug by die werkplek vanaf 1 Junie wanneer Fase 3 van krag word.

AngloGold het glo aal sy werkers getoets by sy Mponeng aanleg, en moes tot die ontdekking kom dat meer as een derde van sy werkers infeksie opgedoen het.

Terwyl die land besig is om sy maatreëls te verslap, lyk dit nie goed as dit die situasie is terwyl Fase 4 nog van krag is nie.

Ernstige vrae word nou geopper oor die metodes wat toegepas word om werkers in die mynbedryf te beskerm teen infeksie, maar ook watter maatreëls toegepas word wanneer die mense nie aan diens is nie.