Musk wil Tesla fabriek verskuif

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr, Elon Musk, het gedreig om sy Tesla Motorfabriek in Kalifornië te verskuif indien die deelstaat nie verslapping van maatreëls begin toepas nie.

Hy het die waarskuwing gerig teen die owerheid se onwilligheid om sy Tesla fabriek toe te laat om te heropen weens die Covid-19 pandemie.

Die Demokrate beheer die deelstaat op politieke gebied, en het selfs in gekruide taal gesê Musk kan sy fabriek verskuif as dit hom pas, maar die maatreëls sal nie nou verslap word nie.

Die Tesla Motorfabriek en die hoofkwartier is in Kalifornië gesetel, en verskaf werk aan duisende mense van die deelstaat.

Elon Musk het ook stukke by die hof ingedien en beweer daarin dat die Departement Gesondheid die federale maatreëls van Amerika oortree het deur die vervaardiger te verbied om met produksie van sy elektries aangedrewe Tesla motors te hervat.