Missiel tref Irannese oorlogskip

Minstens 19 Irannese seesoldaat is dood en 15 ander is ernstig gewond nadat Iran se eie vloot ’n missiel afgevuur het wat ’n ander oorlogskip getref het.

Die swak optrede van die Iran seesoldate het in die Golf van Oman plaasgevind waar militêre oefeninge gedoen word.

Die beskadigde oorlogskip wat deur Iran omskep is van ’n gewone skip na ’n oorlogskip se  bemanning het later gesê hulle verkeer in vrees dat nog sulke foute veroorsaak word deur seemanne wat nie opgelei is nie.

Die vloot van Iran was besig met opleiding van seesoldate in die Golf van Oman toe ’n missiel vanaf ’n ander skip afgevuur is en die skade veroorsaak het.

Die staat televisiediens het later berig dat die vaartuig was besig om teikens te identifiseer waarna missiele afgevuur kan word, maar die skip wat die missiel afgevuur het was te na aan die een wat getref is.