Mboweni se planne moet goed wees

Die Suid-Afrikaanse regering, en by name die ANC se Minister van Finansies, is tans in ’n onbenydenswaardige posisie om die land van algehele ineenstorting te beskerm.

Minister Titi Mboweni moet verreken dat daar “arm mense” is wat gehelp moet word, wat ’n werk moet kry en wat kos op die tafel moet kry.

Aan die anderkant moet hy verreken da daar ’n siektetoestand is van die koronavirus wat miljoene Rand se bykomende koste veroorsaak, en waarvoor hy voorsiening moet maak.

Deskundiges en ekonome reken die land het ’n totaal van bykans R300miljard verloor aan belastings, en groot verliese word nog opgebou met sonde-belasting wat nie betaal word weens smokkel handelaars wat drank en sigarette teen astronomiese hoë pryse verkwansel terwyl die verbod van die regering steeds van krag is.

Meningsvormers sê dit is duidelik dat Tito Mboweni geld by een plek gaan leen om ’n ander plek se rekening te betaal, wat ’n nimmereindigende oploop van rente kan beteken.