Lesotho regering stort in duie

Die regerende koalisie van Lesotho het uitmekaar geval en die Eerste Minister, Thomas Thabane, wat aan die einde van Julie die tuig wou neerlê, sit opgesaal met ’n krisis.

Die 80-jarige premier se koalisie regering het Maandagmiddag in duie gestort toe sy vennoot se party onttrek het, en die hersaamstel van ’n nuwe koalisie regering waarskynlik meer as twee kan duur.

Die Bergkoninkryk se premier het toenemende druk gekry om te bedank nadat hy daarvan verdink word dat hy betrokke was by die moord op sy vorige vrou gedurende 2017.

Sy eie party, asook die twee koalisie vennot partye het hulle steun Maandag aan die premier onttrek wat die eens “vier-party” koalisie gevorm het.

Ingevolge die land se grondwet bepalings sal die speaker koning Letsie 111 inlig van die parlement se voorneme om ’n nuwe regering met ’n nuwe premier te vorm in die komende twee weke.