Kragtige sikloon verniel Asiatiese gebied

’n Kragtige sikloon het die oostelike deel van Indië bereik en dele van Bangladesh wat huise en ander geboue vernietig terwyl swaar reen onophoudelik neer stort.

Die sikloon storm met ’n deursnit van ongeveer 150 kilometer en ’n windspoed van 185 km per uur, ontwortel bome en laat motors in rivier strome wegspoel waar voorheen paaie was.

Die aanhoudende swaar reën neerslae het massiewe grondverskuiwings tot gevolg en die swaar weersomstandighede bemoeilik reddingswerk.

Sowat 2,5 miljoen mense moet uit die laagliggende gebiede geneem word en alhoewel meer as 650,000 mense reeds verskuif is na veiligheid, is daar nog duisende wat gehelp moet word om veiligheid te bereik.

Dit is nog te vroeg om te kon bepaal hoeveel mense lewens in die slag gebly het, en ’n opname van die enorme skade sal eers na etlike weke gedoen kan word.