Kort Nuusflitse

Brasilië

Brasilië kan binne enkele dae van die derde plek tot die tweede plek beweeg met die vinnige verspreiding van COVID-19 infeksies, aangesien die toename veel vinniger is as wat Rusland, tans tweede, ervaar.

SA

Die omstrede Bevelsraad van Ramaphosa hou sekere gebiede dop wat uiteindelik in Fase 4 gaan bly terwyl die res van die land na Fase 3 beweeg.

SA

Dubbele standaarde met die uitdeel van kospakkies duur voort, en in baie gebiede word blanke plakkerskampe oor die hoof gesien, en in swart lokasies word familie en vriende bevoordeel terwyl hulle nie noodwendig die kospakkies nodig het nie.

SA

’n Swart joernalis van SA moes vlug na Lesotho nadat die polisie hom ernstig aangerand het en hy later gesoek is om weer beseer te word.

SA

Die ingeperkte buurtwagte is uiters gefrustreer om te sien hoe inbrekers en diewe baljaar terwyl hulle nie deur die polisie vasgevat word nie.