Kapers slaan toe op redery se kliënte

Die EasyJet lugredery se passasiers het die teiken geword van kapers en miljoene mense is die slagoffers nadat ’n “hoë gesofistikeerde” aanval op hulle uitgevoer is.

Die skurke het ondermeer daarin geslaag om die passasiers se persoonlike inligting, wat gewoonlik aan die redery verstrek word, te bekom, en kon selfs daarin slaag om sowat 2,200 passasiers se kredietkaart besonderhede te kry.

Die onbekende kapers het blykbaar die date bekom van nagenoeg 9 miljoen mense wat van die redery gebruik gemaak het, se persoonlike besonderhede bekom volgens ’n woordvoerder van die maatskappy.

Die kapers het in die proses ook e-pos adresse, alle reis besonderhede, selfoon nommers en ander gegewens bekom, en die redery het alle kredietkaart houers gekontak en gewaarsku dat hulle betyds met hulle bankiers moet skakel.