Italië trek mavia bendes vas

Dosyne lede van die Sicilian mafia is die afgelope dae gearresteer in Italieq nadat ’n groot klopjag deur die polisie uitgevoer is regoor die land.

Die owerheid is bekommerd oor die toenemende georganiseerde misdaad wat moontlik verband hou met die pandemie om hulle mag as kriminele beweging uit te brei.

Die Italiaanse media berig dat minstens 91 lede van die mafia bendegroep aangekeer is, wat beskou word as een van die land se gevaarlikste mafia bendes.

Volgens die polisie is verskeie Sicilian bendelede die leiers, onderleiers en oud-terroriste asook hoofde van die mafia groep, aangekeer en agter tralies.

Die Italiaanse regeringsmag, “Guardia di Finanza”, wat saamgestel is om die mafia se invloed en mag te breek, het die arrestasies gedoen in wat genoem word ’n reeks klopjagte wat oor nege verskillende streke in die land gelyktydig uitgevoer is.

Die konserwatiewe koalisie regeing van Italieq het in sy verkiesingsveldtog onderneem om sterk op te tree teen die mafia, en het reeds verskeie prominente leiers en hoofde in die afgelope twee jaar vasgetrek.