Iran verkla VSA by VN

Mohammad Javad Zarif

Iran het die Verenigde State van Amerika verkla by die Verenigde Nasies oor die moontlike maatreëls wat Washington mag instel teen Iran se olie tenkskip.

Die tenkskip is van Iran onderweg na Venezuela, en die politieke leiers in Iran het gewaarsku dat die VSA belet en verwyder sal word van Irak en Sirië.

Die Minister van Buitelandse Sake in Iran, Mohammad Javad Zarif, het ’n brief gerig tot die Verenigde Nasies (VN) se Sekretaris-generaal, Antonio Guterres, waarin die moontlike optrede van die VSA gestel is.

Iran waarsku dat Amerika se besluit om sy vloot te ontplooi na die Karibiese gebied, se bedoeling is om Iran te verhinder om na Venezuela te vaar.

Iran het minstens vyf olie tenkskepe onderweg na Venezuela met vragte ter waarde van nagenoeg $45 miljoen olie en ander verwante produkte.

Die besending vorm deel van ’n reuse transaksie tussen die twee lande, te midde van die VSA se sanksies teen beide lande.