Inperkings

Die wêreld se grootste lande het ook die voortou geneem met groot en streng inperkings maatreëls, en het daarmee ’n beperking probeer plaas om die vinnige verspreiding van die hoog aansteeklike virus uit Sjina.

In Suid-Afrika het almal asem opgehou dat die virus pandemie gou gesmoor sal word, maar die teendeel is besig om te gebeur.

Met meer as 1,150 nuwe gevalle binne 24 uur, weet enige persoon dat dit nou al erger sal word, en dat een van die baie redes waarskynlik die stadige terugvloei van inligting is oor mense se stand wat getoets is maar eers ’n week later verneem dat hulle infeksie opgedoen het.

Dit is hierdie toedrag van sake wat veroorsaak dat mense onbewus is daarvan dat hulle besig is om ander met die virus te besmet.

Dit is egter nie die enigste rede waarom die infeksie gevalle nou teen ’n veel vinniger tempo sal toeneem, want die ongedissiplineerdheid om maatreëls te ignoreer, is ewe onvergeeflik.

Net so is dit onvergeeflik dat daar nog baie mense in die land is wat nie oor kraanwater beskik nie terwyl die ANC regime reeds 25 jaar kans gehad het om die belofte wat hulle gemaak het, na te kom.

Met die groot en vinnige toename in nuwe gevalle is daar by sommige mense die hoop dat fase 4 steeds van krag bly, terwyl werkers en sakelui glo dat fase 3, en selfs fase 2, nou ingestel moet word ter wile van ekonomiese redes.

Die streng dissipline wat inwoners van Swede openbaar het, is egter ’n les wat Suid-Afrika nog nie geleer het nie, maar die land het geen inperkings aangekondig nie, en alles gaan voort in die land soos in die verlede, en die uitgangspunt is dat mense self verantwoordelikheid moet neem vir hulle eie gesondheid en daarvolgens moet optree.