Hulpfondse kan korrupsie bevorder

Europese deskundiges het gewaarsku dat die wêreld se geteisterde lande staatmaak op die reuse lenings van miljarde Rand om werkloses en sakelui finansieel te ondersteun, maar ook ’n gulde geleentheid is vir korrupsie.

Die moontlikheid het reeds in Suid-Afrika na vore gekom waar die owerheid kospakkies laat uitdeel aan verhongerde mense, maar dat diegene in beheer hulle naasbestaandes en vriende voorkeur laat geniet.

Ernstige beswaar word ook ingestel teen die ANC-SAKP regering oor hulle verwronge haatdraendheid teenoor blanke sakelui wat nie deel is van die Swart Ekonomiese Bevoordeling (SEB) nie.

Blanke sakeondernemings wat nie SEB gekoppel is nie, sal glo nie deur die regering se hulpfondse bygestaan word nie, en word allerweë beskou as die grofste wyse van haatdraendheid wat in ’n krisis tyd openbaar kan word.

Ekonome sê dit is ’n nuwe vorm van apartheid wat deur die regering toegepas word en behoort aan die Verenigde Nasies se afdeling vir Menseregte aangegee te word.