Haarsalon eienaars oppad hof toe

Die haarsalon eienaars is besig om die ANC minister Mkhize hof toe te sleep oor die drakoniese maatreël dat ’n haarsalon nog steeds nie onder sekere voorwaardes kan heropen nie.

Die hoof rede waarom besluit is om ’n hofbeslissing af te dwing is omdat hulle ’n enorme tekort aan inkomste ondervind en in sekere gebiede selfs die punt bereik het dat die salon se deure nie sal heropen nie.

Die eienaars neem die saak na die Hooggeregshof en eis dat daar dringend besluit moet word dat hulle hul deure mag heropen.

Die saak sal in die Wes-Kaapse Hooggeregshof van Kaapstad aangehoor word, en advokaat Viljoen het bekend gemaak dat die saak op 27 Mei sal dien in die hof.

Die ANC se Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, word aangekla en mense van die publiek sal nie toegelaat word om die hof verrigtinge by te woon nie.