Groot steun vir ondersoek na koronavirus

Lede van die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het oorweldigende steun gegee vir ’n voorstel dat ’n onafhanklike ondersoek gedoen word na die COVID-19 virus wat ’n pandemie en chaos regoor die wêreld veroorsaak het.

Die lidlande van die Europese Unie steun die ondersoek, maar is gekant teen die standpunt van die Amerikaanse President, Donald Trump wat dreig om sy bydraes tot die organisasie permanent te stop.

Talle lande stem egter saam met die Amerikaanse president dat die ondersoek spesifiek gerig moet word op Sjina se hantering van die uitbreking in die lig van die beweerde siening dat die kommunistiese regering ses weke lank die inligting weerhou het van die wereld, wat die verspreiding van die virus bevorder het.

Tydens ’n viruele vergadering het 122 lande hulle steun gegee vir die onafhanklike ondersoek, terwyl Sjina gesê het dit “is te vroeg” om nou al ’n ondersoek te doen.