Gesondheidsdienste se kapasiteit

Suid Afrika se gesondheidsdienste skiet ver tekort.  Daar word tans slegs 17,000 mense per dag getoets vir die pandemie COVID-19.  In Brittanje is daar op 24 Mei 2020 meer as 177,000 mense getoets.

Intussen is daar in die Wes-Kaap alleen ‘n agterstand van 18,000 toets gevalle waarvan die mense wag op die uitslag terwyl hulle moontlik infeksie opgedoen het en ander mense onwetens besoedel.

Vir ‘n regering wat ‘n Nasionale Gesondheidsplan in die lewe wil roep is dit nie goeie nuus nie, maar soos SA al gesien het, sal dit ook gestoomroller word sonder om werklik die gevolge daarvan te bereken.  

Die Gesondheidsplan sal waarskynlik nie gou weer die aandag kry nie, want SA is so vrot van die skuld dat geen nuwigheid bekostig kan word nie.