Geen perfekte afstel van maatreëls

Grant Shapps

Daar bestaan nie ’n perfekte patroon om die geleidelike verslapping van maatreëls toe te pas nie, en daarom word dit ’n moeilike besluit vir elke regering van die wêreld.

Die Britse Minister van Vervoer, Grant Shapps, deel hierdie siening tydens sy aankondiging dat die maatreëls enkele veranderings ondergaan wat in werking gestel word.

Die minister se gewone algemene kennis is nodig om ’n sinvolle besluit te neem met die verslappings wat oorweeg word, want alles draai om die mense van die land, wat ook te midde van die infeksie, ook finansieel moet oorleef.

Wetenskaplikes en finansiële deskundiges stem saam dat die vermindering in maatreëls wat geleidelik toegepas word, van een land na ’n ander verskil, en kan selfs van een gebied na ’n ander in dieselfde land verskil.

Daarom is dit van kardinale belang dat die inligting gereeld en akkuraat na ’n sentrale punt gestuur moet word om te bepaal watter maatreëls kwalifiseer om geskrap te word, en in watter dele van die land dit nog gehandhaaf moet word.

Die kern van die saak is dat daar iewers ’n begin gemaak moet word, en daarom is betroubare gegewens na die sentrale punt van die grootste belang.