Gat in osoonlaag verdwyn

Die gat in die osoonlaag wat reeds vir etlike dekades die mensdom bekommer het, en wat in die noordelike atmosfeer was, is weg.

Die gat was ongeveer die grootte van drie keer Groenland se grootte, en wetenskaplikes het gevra dat regerings stappe moet neem om skadelike stowwe te verban.

Die koms van die koronavirus het binne vier maande die osoonlaag herstel vanweë die miljoene motors en baie nywerhede wat tot stilstand gekom het.

Die gat in die osoon wat oor die Arktiese gebied hang vir die afgelope dekade, het nou herstel volgens die Verenigde Nasies se woordvoerder.

Die osoonlaag is terug na sy normale status en wetenskaplikes reken dit kan ook ’n verandering na meer normale weerpatrone teweegbring.

Wetenskaplikes van die Europese Unie sê die gebeure is verblydend en sal die bewegings steeds bly moniteer om enige nuwe veranderings bekend te maak.

8