G20 kry lof van Wêreld Bank

President David Malpass van die Wêreld Bank het lof betuig teenoor die G20 lande wat in ’n verklaring gesê het die arm lande van die wêreld se skuldlas moet nie nou ingevorder word weens die uitwerking van die koronavirus pandemie.

Die Wêreld Bank het ook ’n beroep gedoen op private krediteure om nie nou druk te plaas op nakoming van betalings van die arm lande nie,

President Malpass het ook gevra dat krediteure selfs die moontlikheid kan ondersoek om sekere skulde van arm lande af te skryf, of ten minste daaroor te besin as ’n moontlike daad van hulp weens die uitbreking van die pandemie.

Intussen het die Wêreld Bank ’n massiewe projek van stapel gestuur  wat as noodhulp dien en het meer as 100 ontwikkelde lande daarby betrek om die arm lande te ondersteun.

Ekonome wys daarop dat die pandemie tot soveel as 60 miljoen mense in die armer lande sal raak wat kan lei tot hongersnood en meer geweld.