Fase 3: MetroSpoor nog buite aksie

Die Gautengse Komitee gemoeid met Pad en Vervoer sê die hervatting van spoor vervoer tydens Fase 3 inperking kan ’n katastrofe in openbare vervoer veroorsaak.

Die Komitee sê hulle is nie tevrede met die maatstaf wat aangebied word deur die Passasiers Spoor Agentskap van SA se administrateur, ene Bongisizwe Mpondo, oor hoe gereed hulle is  vir Fase 3 op 1 Junie nie.

Meningsvormers sê dit is immers noodsaaklik dat die trein netwerk gereed sal wees wanneer miljoene werkers Maandag, 1 Junie, terugkeer na die werkplek.

Te midde van PRASA se uiteensetting van sy beplanning, het hy nagelaat om aan te dui hoe Gauteng geraak word en geïntegreer word, en dit kan lei tot een van die grootste vervoer rampe wat die land kan tref.

Vanaf 1 Junie wanneer Fase 3 in werking kom, keer duisende werkers terug na die werk, en sal openbare vervoer maksimaal benut moet word om nie ’n ramp te veroorsaak nie, het ’n ekonoom van Pretoria gesê.