Fase 3 dalk toegedeel in distrikte

President Ramaphosa sal na verwagting ’n opdatering van die verloop oor inperkings maatreëls aankondig voor die einde van die maand.

Ingeligte bronne beweer dat die regering wegbeweeg van die oorskakeling na Fase 3 op provinsiale vlak, en gaan moontlik die indeling doen volgens distrikte.

Die kriteria wat van toepassing sal wees is glo die distrik se bevolkings digtheid en die aantal (of persentasie) infeksie gevalle.

Na ’n ontmoeting met kerkleiers en die SA Raad van Kerke sal die president glo konsulteer met die sogenaamde Nasionale Koronavirus Bevel Raad wat later sal plaasvind.

Minister Zweli Mkhize van die Departement Gesondheid is ook in gesprek met die departement oor die verskillende opsies van hoe Fase 3 toegepas moet word om steeds te verseker dat mense veilig sal wees.