Europese motor verkope in laagtepunt

Die verkope van motorvoertuie het sy laagste punt bereik met ’n daling van nagenoeg 76% gedurende April vanjaar.

In Spanje is die bedryf swaar getref met ’n daling in verkope van 97%, en het die motorhandel so swaar getref dat regeringshulp gevra word om te voorkom baie handelaars hulle deure sal moet sluit.

In Duitsland het die motorhandelaars reeds ’n beroep op die regering gedoen om te help aangesien die finansiële instellings onsensitief is teenoor potensiële kopers van motorvoertuie.

Die Europese Motorvoertuig Vervaardigers Assosiasie sê slegs 270,000 motors is in April verkoop in Europa, teenoor die vorige jaar se Aprilmaand toe 1,14 miljoen motors van die hand gesit is, wat ’n algehele daling van meer as 75% is..