Europa verslap maatreëls

Inperkings maatreëls word in talle Europese lande verslap, en die lande wat swaar getref was met die pandemie, het nou begin om die maatreëls te verminder.

Spanje, Italië en die Verenigde Koninkryk het ’n afname in infeksies van die koronavirus ondervind in die afgelope week of twee, en besluit om maatreëls te verslap.

 Sakeondernemings en skole word heropen en eensklaps raak die stede se strate weer ’n woelige gedreun van voertuie wat kom en gaan.

Die optrede in Europa volg te midde van COVIC-19 infeksies wat gestyg het regoor die wêreld tot meer as 4,7 miljoen gevalle.

Die wereld se totale sterftes het die 314,000 merk verby gegaan en daar is geen vooruitsig dat die totale infeksies oor die wêreld gou gaan verminder nie.

Spanje het juigend aangekondig dat sy sterftes nou vir die derde agtereenvolgende dag minder as 100 gevalle is, wat ’n eerste is in die afgelope maande.

Italië het ook besluit om die toerisme weer op dreef te kry deur die grense te heropen en winkels en restourante is weer gereed om op hulle gebruiklike wyse van gasvryheid, hulle kliënte te bedien.

Swede is die enigste land wat geen inperkings maatreëls ingestel het nie, en het hoofsaaklik op sy goed gedissiplineerde bevolking staatgemaak, en ook die pasiënte doeltreffend behandel in sy goeie hospitale. Die land het net meer as 30,000 infeksie gevalle en 3,700 sterftes is aangeteken. Feitlik geen mens dra ’n masker nie, en sake gaan voort soos dit nog altyd was.