EU begroot €500 miljard vir hulp

Die Europese Unie (EU) het vir weke gespartel oor hoe dit die beste is om die lidlande te ondersteun met hulle herstel op ekonomiese gebied na die insinking van die afgelope maande.

Die invloed en uitwerking van die koronavirus op sakelui, nyweraars en werkers het ’n ewe groot probleem teweeggebring as die verlies aan menselewens.

Die EU het uiteindelik met Frankryk en Duitsland aan die spits wel ’n manier gevind om die lidlande te ondersteun.

Die invloed van die Franse president, Emmanuel Macron en die Duitse Kanselier, Angela Merkel, het ooreengekom tot die daarstel van ’n reddingsfonds ten bedrae van €500 miljard.

Die twee leiers is van mening dat ’n bedrag van €500 miljard el die Europese ekonomie ’n hupstoot sal gee om weer op dreef te kom.

Die 27 lidlande sal die geleentheid kry om lenings aan te gaan op die finansiële markte en tesame met die beskikbaarheid van die noodfonds sal Europa vinniger herstel aangesien dit addisioneel is tot die begroting van €1 triljoen wat begroot is.