Eskom begin ook met bedekte SEB

Die elektrisiteit voorsiener van Suid-Afrika het nou begin met ’n gekamoefleerde model van Swart Ekonomiese Bevoordeling (SEB) en gebruik die COVID-19 pandemie om die program te regverdig.

Eskom het sy program van stapel gestuur onder die vaandel van sy “Free Basic Electricity” (FBE) program wat ingestel is daarop om die arm mense te voorsien van gratis krag.

Huishoudings wat hiervoor kwalifiseer in terme van die regering se politieke beleid van die voorsienings van ondersteuning aan werkloses, lae besoldigdes, en die ouer deel van die bevolking.

Die mense word aangemoedig om hulle munisipaliteite te nader om te registreer vir die gratis kragvoorsiening wat beteken dat hulle die reg sal kry om 50 KiloWatt elke maand te kry, maar dit kan selfs meer wees as die munisipaliteit daartoe instem.

Waarnemers reken dit is ook ’n nuwe manier van hoe korrupsie gaan opduik omdat munisipaliteite nie juis ’n goeie rekord opgebou het van eerlike dienslewering nie.