Entstof resies jaag voort

Entstof ontwikkelaars is koorsagtig in die jaagtog om ’n doeltreffende middel te ontwikkel teen die koronavirus wat reeds vir die dood van meer as 250,000 mense in die wêreld verantwoordelik is.

’n Verskeidenheid van middels word nagevors, en alhoewel die Wêreld Gesondheid Organisasie sê daar is 102 laboratoriums besig met ontwikkeling en navorsing, is daar aansien meer en word minstens 115 verskillende laboratoriums deel van die jaagtog.

 Verskillende benaderings word deur die wetenskaplikes gevolg, waarvan sommige die DNA algemene stelsel volg wat miskien die mees gewilde produk sal lewer indien die ontwikkeling suksesvol is.

Ander navorsers maak gebruik van “lewendige entstof” wat ’n skadelose virus wat bekend is aanwend, terwyl ’n derde metode van ’n proteïene gedrewe stelsel.

Van die beginsel metodes wat gebruik word is suksesvol aangewend om polio te beveg, en ’n ander metode is meer onlangs ontwikkel om die Ebola virus te beveg.

Al die metodes beskik waarskynlik oor die vermoë om uiteindelik ’n middel teen die koronavirus te lewer, maar dit sal eers in 2021 wêreldwyd beskikbaar wees,

Van die metodes is een glo die mees gewilde om te ontwikkel aangesien dit in baie groot hoeveelhede vervaardig kan word, iets wat die wêreld angstig afwag.