Ecuador platteland sonder dokters

Wanneer ’n groep uit ’n klein dorpie in Ecuador se vissers gemeenskap tuis aangekom het met ’n kuggie en geproes, het niemand gedink dat hulle slagoffers is van die koronavirus nie.

Die dorpie, El Real, se vissers het met ’n ligte koors in Aprilmaand, by die huise aangekom, min wetende dat hulle die virus infeksie op een of ander stadium opgedoen het .

Die aaklige is dat die vissermanne toe aan hulle lot oorgelaat is, want die dorpie het geen gesondheidswerkers of kliniek nie, wat rampspoedige gevolge beteken het.

Die plaaslike dokter is maande tevore verplaas na ’n ander gebied, en moes gaan dien doen in die stad Guayaquil waar die COVID-19 pandemie reeds oorweldigend versprei het.

Minstens elf mense is reeds oorlede weens die infeksie, en alhoewel daar geen bewyse bestaan waaraan hulle dood is nie, is dit die enigste moontlikheid aangesien hulle gewone, gesonde mense was.