Duitsland sal baat by gewapende hommeltuie

Gewapende hommeltuie sal ’n betekenisvolle bydrae kan lewer as dit aangekoop kan word vir Duitsland, het die uittredende palementere verdedigings kommissaris gesê.

Sy kommentaar volg voor die Duitse regering besluite kon neem oor wat in die land as kontroversioneel beskou word.

Die kommissaris sê Duitsland behoort gewapende hommeltuie aan te koop om beskerming te verleen met patrollering van gebiede waar konflik bestaan.

Hy het ook daarop gewys dat sulke gewapende hommeltuie meer effektief sal wees om ondersteuning te gee in nood situasies as wat daar gewag moet word op ’n helikopter of ’n vegvliegtuig wanneer ’n gevaarlike toestand sou ontstaan.

Kommissaris Hans-Peter Bartels het gesê geeneen in Duitsland het die VSA gekritiseer omdat hy gewapende hommeltuie gebruik het in spesifieke aanvalle in die Midde-Ooste nie.

Die gebruik van gewapende hommeltuie bly egter ’n omstrede aangeleentheid regoor die wêreld se politieke leiers, maar kenners reken die tyd sal aanbreek dat hommeltuie die huidige vegvliegtuig gaan vervang in tyd van oorlog.