Duitsland kry €100 miljard minder belasting

Die ekonomiese impak op Duitsland weens die pandemie, kan daartoe lei dat minstens €81 miljard minder belasting gevorder sal word deur die regering.

Die Minister van Finansies in Duitsland sê egter dat die land die terugslag, wat ook elke ander land gaan tref, sal oorleef en sê hy is vol vertroue dat dit heel gou weer op ekonomiese terrein normaal sal word.

Minister Olaf Scholz wys daarop dat die verlies aan belastings wat ingevorder sal word, sal waarskynlik 10% minder wees as wat verlede jaar in ontvangs geneem is,

Duitsland is die enigste land ter wêreld wat geen buitelandse lenings het nie, en dryf die land se ekonomie te alle tye uit eie fondse. Die Duitse volk het swaar gekry na afloop van die Tweede Wêreldoorlog, veral toe ’n deel van sy land met ’n muur af gespan in en deur Rusland beheer is.

Berekeninge wat gemaak word toon dat Duitsland soveel as €100 miljard minder aan belastings kan invorder, wat beteken die land sal nagenoeg €316 miljard beskikbaar hê, maar die land is baie goed toegerus om die tekort wat deur die pandeme veroorsaak is, te absorbeer.