Duitser keelvol vir Sjinese

’n Welbekende chef in Dusseldorf, Duitsland, het ’n groot terugslag gekry toe hy aangekondig het dat hy sy restourant heropen na die maatreëls verslap is en hy ’n vreemde aankondiging gemaak het.

Die 70-jarige eienaar van ’n bekende restourant het op die sosiale netwerk gesê sy onderneming is weer oop soos talle ander besighede, maar hy wil geen Sjinese in sy plek hè nie.

Jean-Claude Bourgueil is ’n gebore Fransman, en baie van sy tradisionele kliënte het gesê hulle is bly oor sy besluit, maar op die netwerk het hy swaar deurgeloop onder die tonge van baie Duitsers.

Gedurende die afgelope maande het Sjinese wat in Duitsland woon, swaar gekry onder die tonge van die anti-Sjinese Duitsers, en is ’n klein oorlog van woorde op die sosiale netwerk ontketen.