Drie miljoen mense wag op Sassa

Met meer as drie miljoen werklose mense in Suid-Afrika wat wag om elkeen sy R350 te ontvang vir die maand, is dit maar swak as die uitbetalers van Sassa op die eerste dag van uitbetalings slegs 10 mense kon help.

Die Sassa stelsel het egter geheel en al gestruikel onder die gewig van die aanvraag wat deur miljoene mense ingestel is vir die noodhulp.

Te midde van die elektroniese toerusting en stelsel wat twee weke gelede in gebruik geneem is, kon Sassa tot hede slegs 75,000 eise afhandel.

’n Woordvoerder sê egter dat sowat die helfte van die afgehandelde eise gekwalifiseer het vir die betalings, en die res is afgekeur.

Sassa moet elke aansoeker kontroleer, en het gevind dat honderde reeds Werkloosheid Versekering se betalings ontvang het, of ten minste daarvoor kwalifiseer, en kan dus nie oorweeg word vir die R350 vergunning nie.

Sassa werkers is glo “24 uur van die dag” besig met die proses om die mense te keur en te betaal, maar daar is nog ’n lang pad om die miljoene aansoekers afgehandel te kry.