Donderdag se Infeksie syfers

’n Totaal van net meer as 403,000 mense is getoets met byna 17,000 wat in die 24-uur tydperk nagegaan is teen infeksie van die koronavirus.

Die aantal bevestigde gevalle het gestyg in Suid-Afrika tot 12,739 sê die Minister van Gesondheid, en 238 het gesterf.

Die Wes-Kaap het die grootste aantal infeksies en het nou 7235 gevalle, wat nou meer as 60% van alle gevalle in die land is.