Dlamini-Zuma word ’n spesialis

Die Suid-Afrikaanse minister van Koöperatiewe Samewerking,  Dlamini-Zuma, word op die sosiale netwerk die spot van die land gemaak.

Die jongste geval het onder Die Vryburger se aandag gekom en word sy uitgemaak as ’n minister wat daarin spesialiseer om media onderhoude aan te kondig, daarna uit te stel tot die volgende dag, en daarna dit van een dag na die ander te verskuif tot waar sy dit “onbepaald” uitstel.

Sy is veronderstel om voor die aanbreek van Fase 3 inligting te voorsien van wat Fase 3 behels, maar dit is duidelik dat sy hoegenaamd nie voorbereid is om die inligting betyds te verstrek sodat sakelui gereed kan maak vir 1 Junie se situasie nie.

Sy is veronderstel om ook meer toeligting te gee oor die tabak-fiasko en moet ook motiveer waarom alkohol verkope toegelaat word.

Dlamini-Zuma het intussen ontken dat sy “vriende: is met die selfverklaarde tabak smokkelaar waarmee sy saam op ’n foto verskyn en wat wêreldwyd op die sosiale netwerk rond sweef.