Dit is wat wetenskaplikes wil weet

Britse wetenskaplikes en navorsers is besig met ’n omvangryke studie van die genetiese samestelling van duisende pasiënte wat infeksie opgedoen het van die koronavirus.

Die navorsers probeer vasstel hoe ’n deurbraak gemaak kan word met die mees eienaardige virus wat sommige mense se dood veroorsaak terwyl ander kwalik ’n ligte hoofpyn kry.

Baie mense weet nie eers dat hulle infeksie opgedoen het nie, terwyl ander in die intensiewe sorgeenheid van ’n hospitaal beland, en wat klaarblyklik verband hou met die genetiese samestelling wat tot hede nie bepaal kon word nie.

Die navorsers oor die hele Verenigde Koninkryk werk in die rigting om die genetiese kode van pasiënte wat kritieke gevolge van infeksie ondervind te vergelyk met ander wat infeksie opgedoen het en skynbaar nie siek word nie.

Die gejaag om die spesifieke gene te vind wat wat mense erg siek of selfs die dood tot gevolg het, het tot sowat 20,000 mense wat voorheen siek was, as deel van die projek te maak, terwyl 15,000 mense wat geringe simptome gehad het, ook betrek is.