Dis-Chem beplan groot uitbreiding

Die winkel en apteek groep Dis-Chem het aangekondig dat hy sy apteke gaan vermeerder gedurende 2021 aangesien die belangrikheid van gesondheidsorg nou weer bevestig is.

Die groep beplan om sy netwerk van apteke uit te brei weens die verlaging in huur koste in die meeste koopsentrums weens die baie vakante persele.

Die Hoof Uitvoerende Beampte sê dat tyrwyl die ekonomie swak is, het gesondheidsorg bewys dat dit ’n noodsaaklike sake bedryf is.

Die nuwe Dis-Chem winkels sal egter kleiner wees as die huidige groot persele, en dit kan waargeneem word by die 18 nuwe takke wat in die eerste t maande van die jaar geopen is.

Die maatskappy het voorblad nuus gemaak toe hy sy verhuurders kennis gegee het dat hy minder huurgeld gaan betaal weens die vermindering in omset wat veroorsaak is deur die koronavirus pandemie.