Diesel rantsoenering het begin

Suid-Afrika moes noodgedwonge begin om diesel te rantsoeneer nadat die aanvraag herstel het tot feitlik die normale vlak van verbruik.

Die raffinaderye is onkant betrap met die vinnige wisseling vanaf Fase 5 tot die Fase 3 wat op 1 Junie van krag word.

Meer as die helfte van die raffinaderye was gesluit in die afgelope maande weens die skielike skerp afname van brandstof verbruik, en die vinnige omskakeling in fases het weer tot gevolg dat die vraag na diesel die hoogte ingeskiet het.

Die SA Petroleum Industrie Assosiasie sê die blitsvinnige ommekeer en herstel na die normale vraag vir diesel het dit genoodsaak dat diesel nou gerantsoeneer moet word.,

Die rantsoenering sal waarskynlik net duur tot 1 Junie, en oliemaatskappye werk volstoom om die voorraad weer op die normale vlakke te bring.