Die president is dwalende

Die ANC se president is aan die dwaal as sy toespraak van Woensdagaand ontleed word, veral as gelet word op die “niks” wat hy kwytgeraak het.

Dit is die mening van mense op die sosiale netwerk, en diegene wat op hoogte van sake is met beriggewing in die daaglikse media.

Die president het lank gepraat oor dinge wat reeds drie maande gelede algemene kennis geword net, en het die geleentheid onbenut gelaat om doelgerigte leiding te gee oor ekonomiese vooruitsigte en die planne wat gemaak is om die land uit rommelstatus te lig.

Die president het verkies om die belangrike onderwerp te vermy omdat sy kabinet duidelik nie oor die oplossings vir die ekonomiese herstel beskik nie, en daarom mense waarsku om nie te soen of met die hand te groet nie.

Dit wek die indruk dat die ANC kabinet, tesame met sy “virus raad” oor geen duidelike plan beskik oor wat gedoen gaan word om Suid-Afrika uit die poel van finansiële modder te bevry nie.