Die onwettige handel floreer

’n Bottel brandewyn, wat in die drankwinkel verkoop teen R65.70 is tans op die swartmark beskikbaar vir soveel as R130 tot R150, en die aanvraag is veel groter as wat voorsien kan word.

Intussen is vasgestel dat daar drankwinkels is wat snags “oop is vir sake” met die onwettige handelaars, wat as smouse bekendstaan.

Ingeligte bronne sê daar is gevalle wa die smouse die drank teen meer as ’n 1000% wins verkwansel aan diegene wat dit kan bekostig, en naarstigtelik soek na drank.

Sigarette word tot R100 per pakkie verkoop, en sekere smouse verkoop slegs los sigarette vir meer as R5 elk.

Intussen word sakeondernemings verbied om die produkte te verkoop, en verloor die Ontvanger van Inkomste miljoene Rand aan belastings.

Alhoewel enkele smouse l vasgetrek is deur die polisie, wil dit lyk asof twee nuwe smouse na vore kom vir elke een wat gearresteer word.