Die kwessies wat kwel

Die inperkings maatreëls het enkele gevalle wat die bevolking ernstig frustreer, en kan selfs lei tot burgerlike ongehoorsaamheid.

Behalwe vir die feit dat die swartmark handel in alkoholiese drank en sigarette, verloor die staat miljoen Rand aan belasting terwyl die grootste gedeelte van die bevolking tog kry wat hulle vra.

Die eienaars van haar-salonne is selfs bereid om die hof te nader sodat hulle hul salonne kan heropen, maar intussen word honderde salonne se gereelde kliënte stilweg vanaf woonhuise bedien.

Nou wil die regering Fase 3 se in werking treding verhaas en waar dit eers aan die einde van Mei sou gewees het, is dit bekend gemaak dat die datum vervroeg word.

Of haarsalonne, sigaret verkope en alkoholiese drank toegelaat gaan word in Fase 3, word betwyfel, want sou dit wel toegelaat word terwyl stedelike gebiede nog in Fase 4 sal bly, gaan erge ontevredenheid wek.