Die infeksies styg tot 4,3 miljoen

Die wêreldwye infeksies van Covid-19 het gestyg tot 4,3 miljoen pasiënte, terwyl 290,324 mense dood is van die virus.

Regoor die wêreld dra werkers hulle gesig maskers en in die oorgrote gevalle word ’n afstand van twee meter tussen mense gehandhaaf.

Te midde hiervan, en ’n reeks ander maatreëls wat toegepas word, bly die infeksies styg, en bly wetenskaplikes naarstigtelik soek na die finale antwoord om die pandemie te stop.

 Europa

Die Verenigde Koninkryk het nou reeds meer as 40,000 sterfgevalle en is die ergste in die hele Europa.

Miljoene Britse werkers wat beskou word as mense wat vir hulleself werk, kwalifiseer om ’n eis in te stel van tot 7,500 pond ($9,200) as deel van die regering se ondersteuning.

In Duitsland het infeksie gevalle tot 171,300 gestyg en in Rusland het die woordvoerder van president Poetin ook infeksie opgedoen.

Frankryk het reeds 27,000 stertes aangeteken en Spanje is besig om maatreëls te verslap nadat herhaalde kere aangemeld is dat die infeksie gevalle aan die afneem is.

Amerika

In die VSA is 1,4 miljoen mense met infeksie en bykans 82,000 is dood terwyl die land in verskeie deelstate onrus onder inwoners vind wat eis dat die maatreëls verslap word.