COVID-19 dalk deel van inflammasie

Navorsers in Italië is van mening dat die koronavirus (SARS-CoV-2) met die “Kawasaki-tipe” inflammatoriese toestand verantwoordelik is vir die dood van kinders in die land.

Die navorsers waarsku dat die inflammatoriese toestand ook saam met die koronavirus kan versprei en ’n tweede pandemie veroorsaak.

Die wetenskaplikes het die SARS-COV-2 in verband gebring met die soortgelyke Kawasaki siektetoestand wat hoofsaaklik jong kinders aanval en kan selfs die dood veroorsaak.

’n Woordvoerder van die navorsers het gesê hulle het ’n 30-voudige toename van die Kawasaki-tipe siektetoestand in pasiënte by die Bergano hospitaal gevind binne ’n tydperk van net meer as twee maande.

Die wetenskaplikes se studie is gepubliseer in die internasionale mediese joernaal van Lancet wat bekend is vir sy gevorderde wetenskaplike inligting.