COVID-19 bokspring in SA

Die Minister van Gesondheid het Sondag aangekondig dat die nuwe infeksie gevalle met 1,160 toegeneem het tot ’n totaal van 15,515.

Die groot vermeerdering binne 24 uur is ’n aanduiding dat die toename in die volgende weke met nog groter getalle per 24 uur gaan styg.

Die sterftes het nou tot 264 vermeerder, en geneeskundiges reken die land se hospitale sal moet ingerig word en tydelike hospitale moet gereed gemaak word, alhoewel die beskikbaarheid van bekwame vepleeg personeel steeds ’n ernstige vraagstuk bly.

Met die regering se plan om die maatreëls in plattelandse gebiede te verander na fase 3, kan dit die infeksies nog vinniger laat toeneem.