Covic-19

Die virus wat die wereld en ons land getref het, het weereens die verskil tussen etniese groepe na vore gebring. Beskou die siening as rassisties maar verduidelik die volgende optredes vir my:

  1. Die land word agter slot en grendel geplaas om die verspreiding van die virus te bekamp. Hierdeur word beweging van individue ingeperk.
  2. Die handel in drank en tabak word oa. verbied.

Reg of verkeerd, die bepalings word gemaak deur die regering en daar word verwag dat die inwoners van die land die maatreëls sal eerbiedig en nakom.

Wat gebeur? Drankwinkels word oor die land geteiken en geplunder . Deur wie? Ons mense gaan in die tyd in en meeste handhaaf en kom die bepalings na. Gaan jy egter na die woonbuurte van die res van die bevolking is daar vrye verkeer en beweging.

Kyk jy na die media is dit selfs ministers en polisie beamptes wat hul skuldig maak aan sosiale verkeer en die onwettige handel in drank en sigarette.

Op die paaie word verkeers- en polisie beamptes betrap wat omkoop geld vra en aanvaar waar persone voorgekeer word.

Trokke wat goedere vervoer word voorgekeer en beroof van hul inhoud.

Kos pakkies wat skielik aan al die haweloses voorsien word word deur amptenary “gesteel’ vir eie gebruik soveel so dat die president diegene waarsku dat hul vervolg sal word.

Is dit ons mense wat hul skuldig maak aan al bogenoemde wandade? Nee. Hoekom nie?  Die westerling het ‘n ingebore sin vir dissipline en nakoming van wette en bepalings. Die persoon met ‘n blas gelaat gaan nie oor tot geweld selfs as hy honger is nie.  Die anderkant van die munt. Hoekom is Afrika oorgelewer aan inherente brutaliteit en wetteloosheid?

Ek vra net.

Koos KWV.