Covic-19. ‘n Mite? Deel van ‘n sameswering?

Daar gaan al hoe meer stemme op rondom die Covid-19 virus, sy ontstaan en sy gevolge.

Griep virusse is van die mees algemeenste virusse wat jaarliks wêreldwyd voorkom elke jaar net in ‘n ander “vorm” uitslaan aangesien enige virus muteer – dit beteken die virus ondergaan ‘n verandering- dit is deel van ‘n virus se lewens siklus.

Statistiek toon dat daar jaarliks tussen 10,000 en 12,000 mense sterf in SA weens die algemene griep virus.

Nou kom Koronavirus op die toneel.  Díe virus is ‘n RNA virus dws. ‘n versameling van genetiese materiaal wat binne ‘n proteïne-sel “gepak” is.  RNA virusse, soos enige griep- of masel virus, is meer geneig tot verandering (mutasies) soos bv. die Herpes- en Waterpokkies virus

Nou is die wêrelde op hol rondom die Korona of SARS(CoV-2) virus. Virusse muteer dus jaarliks en dit is ook die geval met die Covid-19 virus.

Wat insiggewend is, is dat die Covid virus stadig muteer. Die virus wat in Sjina 2020 begin het stem grootliks ooreen met die virus  tans in die VSA,  aldus dr John Rose senior wetenskaplike by Yale Medicine.  Hierdie stadige mutasie proses is goeie nuus vir die vervaardiging van ‘n entstof, aldus dr. Benjamin Neuman , hoof van Texas A&M Universiteit se Biologie Departement. 

Vir meer as 40 jaar is daar ‘n effektiewe entstof vir masels en pampoentjies en Rubella.  Die virusse se mutasie is so stadig dat die 40-jaar oue “resep” steeds effektief is. Pogings om ‘n entstof teen SARS(CoV-2) te vervaardig sal dus moontlik wees.

Terug by die sg. Pandemie. Wetenskaplikes soos oa. Dr Glenda Gray, voorsitter van die SA Mediese Navorsings Raad, het die regering se grendelsluiting as onwetenskaplik en “mal” (insane) beskryf.  Prof. Marc Mendelson, hoof van Oordraagbare Siektes en VIGS by Groote Schuur, sê die regering volg nie ‘n wetenskaplike aanslag rondom die virus nie.

Nou kom prof. Madhi, Wits Universiteit, en prof Karim, hoof adviseer van die ANC, en toon aan dat die behandeling van Tering en Vigs nou skielik op die agtergrond geskuif word .  Tering het verlede jaar 63,000 lewens in SA veroorsaak teen oor die huidige 320 Covic gevalle.  Let wel bykans alle sterftes tans word toegeskryf aan Covid  ipv tering, HIV, Vigs of selfs ouderdom.   Die herstel syfers van Covid in SA toon ‘n belangrike tendens – van die 17,200 aangemelde gevalle het daar 7,960 mense herstel dws 46% is weer gesond. ‘n Pandemie?

Alles in ag genome is die Covid virus die mees oordrewe siekte in die geskiedenis van die wereld.  Dit volgens wetenskaplikes.  Selfs dokters en spesialiste in die land is skepties rondom die groot bohaai.

In Suid Afrika word die honger massa skielik gevoed en miljoene word spandeer aan tenders rondom die voorkoming en behandeling van die “Covid-19 siekte”  wat net nog ‘n griep virus is.  Dit terwyl ekonomiese moord tans besig is om die Blanke minderheid te ruïneer weens die sluiting van hul besighede en die weiering van enige staatshulp.

Is daar iets sinkskêr agter die gebeure?  Tyd sal leer hoeveel mense teen die einde van 2020 gesterf het agv “griep”.

Dit is ‘n minuut voor twaalf.

Oom Sakkie